Control Methods
HOE VANG ‘N MENS ‘N ROOIKAT IN DIE OVERBERG ?
Willem Coetzee soek advies oor die vangs van 'n probleemdier Rooikat wat verwoesting saai onder sy lammers in die Overberg.
Dr. Gerhard Verdoorn verduidelik prosedure puntsgewys hoe om ‘n Rooikat wat skade veroorsaak, te vang:
- Jy sal ‘n rooikatvanghok moet kry; vra onder die bure rond of iemand dalk een vir jou kan leen as jy nie alreeds een beskikbaar het nie.
- Maak die hok goed skoon met kokende warm water, veral die trapplaat.
- Probeer die rooikathok stel daar waar die kat rondbeweeg en veral as jy sy looppaadjie kan opspoor. Die hok moet langs sy looppad gestel word. Moet geen bedekking oor die hok plaas nie.
- Plaas lokaas soos karkasreste van ‘n lam wat gevang is, agter in die hok.
- Maak ‘n klein bolletjie van aluminiumfoelie so groot soos ‘n tennisbal en hang dit in die middel van die hok aan ‘n stukkie wol op.
- Probeer ‘n mak kat se uriene in die hande kry soos byvoorbeeld die sandboks wat mense vir hul katte gebruik. Sprinkel dit dan op die vloer van die hok.
- Neem ingewande soos skaaplewer en maak sleepspore na die hok toe vanuit verskillende rigtings van omtrent honderd meter ver.
- Plaas dan ook daardie lewer in die hok.
- Inspekteer die hok elke oggend vroeg om te sien of jy wel ‘n rooikat gevang het.
Skakel Dr. Verdoorn by 0824468946 vir enige verdere navrae.
CONTROL METHODS VS. LEGISLATION (DAMAGE CAUSING ANIMAL: CARACAL / LYNX)
Conservationist |
Control methods -no permits required |
Control methods – permits required |
Contact person |
Cape Nature |
Shooting during daylight hours for landowner, Hunting license and written approval if not the owner. Approved Trap Cages. All non-lethal methods. |
|
CapeNature Permit Section: Download application for prohibited hunting method |
DETEA – Free State Province |
|
|
DETEA Free State Permit Office. Lourens Goosen (051) 4009534 |